• Welcome to Nasionale Belastingbetalers Unie.

BBV: Hoekom nodig? ‘Staan Saam, Wen Saam’ is die leuse van die NBU. Die BBV's voer die leuse uit.

Die BBV is 'Universitas Personarum' - 'n onafhanklike, wetlike persoon - en dit maak al die verskil omdat die munisipaliteit nie meer met jou as eienaar die verskil het nie, maar met die dorp of voorstad se wetlike regsliggaam – naamlik, die BBV. Die 'NBU Dispuut' - soos die BBV die hofuitspraak ken - is in die hoogste hof van Suid-Afrika deur 'n vol regsbank met 3 regters bevestig en bekragtig. Dit kan dus nie maklik omgekeer word nie. Die munisipaliteit is dus in 'SKAAKMAT' - soos 'n regsgeleerde onlangs na die uitspraak verwys het. Elke BBV teken 'n ooreenkoms met die NBU dat as enige munispaliteit met 'n aksie sal kom teen die 'NBU Dispuut' hofuitspraak, sal die NBU die hofsaak op hulle koste teenstaan en beveg. Die NBU het dus reeds die saak gewen en die gelde spandeer om die uitspraak daar te stel. Die BBV's loop dus geen risiko om die dispuut te verklaar nie. Die BBV IS NIE BESIG MET WEERHOUDING VAN BELASTING NIE. DIT IS ONWETTIG!!!!!!! BBV's is besig om 'n fout wat Munisipale owerhede gemaak het, reg te stel. Dit is 100% wettig, bevestig deur 'n hofuitspraak in die hoogste hof van RSA deur 'n vol regsbank. Dit het 4 jaar geneem om dit reg te kry. NOU IS DIE VRAAG: WAT AS DIE FOUT DISPUUT BEDRAG IN TOTALITEIT TERUGBETAAL IS MET TOEKOMSTIGE BELASTING?.....

No messages...

Poll
Moved Topic

Locked Topic
Sticky Topic
Topic you are watching