Vanaf die dag wat die dispuut per eiendom gemaak is, moet die munisipale owerhede na regte 'n kredit op elke eienaar se belastingrekening deursit vir die dispuut bedrag geteken. Die NBU aanvaar dat die munisipale owerhede dit nie gaan doen nie.
Die NBU rekenaarstelsels is so ontwikkel om hierdie syfers maand tot maand vir die eienaars op 'n staat aan te dui, asook vir die munisipale owerhede vir hulle rekords.
Weereens: Die dispuut neem nie die verantwoordelikhied van die munisipale owerhede weg om dienste te lewer nie! Niks is onwettig nie: 'n Fout word net reggestel.
Hierdie feit gee die BBV's die geleenheid om die munisipale owerhede op terme te plaas. Die BBV sien die paaie is vol slaggate: Omdat die BBV nou geld het van die terugbetaling van die wettige eis teen die munisipale owerhede, kan die BBV die werk laat doen.
Al wat die BBV doen, is om kwotasies te kry vir die werk wat gedoen moet word. Die BBV stuur die kwotasies na die munisipale owerhede en gee hulle 14dae (redelike tyd) om die werk te doen. Indien die munisipale owerhede nie die werk binne die 14 dae doen nie, skep dit 'n verdere eis geleentheid vir die BBV. Die BBV laat die werk op hulle koste doen en voeg die koste net by die eis van die dispuut omdat die munisipale owerhede nou daardie gelde aan die BBV skuld. MUNISIPALE OWERHEDE BLY VERANTWOORDELIK VIR DIE DIENSTE. DIE DISPUUT-FOUT WAT HULLE GEMAAK HET, NEEM DIT NIE WEG NIE!!!
Poll
Moved Topic
Locked Topic
Sticky Topic
Topic you are watching